|
10 April 2026
|
|
Na meer as vier dekades van diens het Wes-Rand Nooddienste se streeksbevelvoerder, Gerhard Nieuwoudt (60), op 27 Februarie 2026 sy brandweerbaadjie vir die laaste keer opgehang. Hy het sy loopbaan in 1984 as skoolverlater by die brandweer begin, later diens gedoen by die lugmag se brandweer en uiteindelik in die Wes-Rand tot streeksbevelvoerder gevorder.
“Deur al die jare was daar talle hoogtepunte, maar wat vir my uitsonder, is die voorreg om saam met verskillende mense te werk en die beste diens aan die gemeenskap te lewer,” het hy gesê. Gedurende sy termyn as bevelvoerder het hy respek by sy personeel afgedwing en bekwaamde nooddienspersoneel opgelei. Hy beskryf Krugersdorp se brandweermanne en -vroue as van die beste in die land. “Ek het ’n passie vir my mense, en dit is hartseer om te groet, maar ek laat bekwaamde personeel en kosbare vriende agter,” het hy afgesluit. Source: Krugersdorp News |
Quick navigation
Social
|
Who are we?FRI Media (Pty) Ltd is an independent publisher of technical magazines including the well-read and respected Fire and Rescue International, its weekly FRI Newsletter and the Disaster Management Journal. We also offer a complete marketing and publishing package, which include design, printing and corporate wear and gifts. |
Weekly FRI Newsletter |